Ezekiel 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook het niemand verdruk nie, die pand nie teruggehou nie en nie met geweld geplunder nie, maar sy brood aan die hongeriges gegee en die naaktes met 'n kleed bedek, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verdruk nie arm mense nie en vat niks in pand nie. Hy beroof niemand nie, maar gee van sy kos vir mense wat honger is en sy klere vir behoeftiges. |
| Afrikaans 1933/1953 | en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met 'n kleed toedek die wat naak is, |
| Afrikaans 1983 | verdruk niemand nie, vat niks in pand nie, beroof niemand nie, gee van sy kos vir dié wat honger is, gee klere vir dié wat nie het nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | niemand verdruk nie, 'n pand nie neem nie, niemand beroof nie, sy brood aan honger mense gee, wie nakend is, met 'n kleed bedek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hy verdruk niemand nie, hy vat nie iets by iemand wanneer hy vir hom iets leen nie, hy vat nie ander mense se goed nie, hy gee vir honger mense kos en hy gee klere vir mense wat nie klere het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy besteel nie arm mense nie en hy behandel mense wat hom geld skuld, altyd goed. Hy gee kos vir mense wat honger is en klere vir mense wat koud kry. |