Ezekiel 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, kyk, as hy 'n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het, en let op en nie sulke dinge doen nie,
Afrikaans (NLV) 2011 “Veronderstel nou hierdie sondige seun het weer ’n seun wat sy pa se afskuwelike gedrag sien, maar besluit om nie so te lewe nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar kyk, as hy 'n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het -- dit sien en sulke dinge nie doen nie:
Afrikaans 1983 “Maar so 'n seun kan op sy beurt 'n seun hê, en dié kan al die sonde sien wat sy pa doen en My dien en nie sulke sondes doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maar kyk, as hý 'n seun verwek, en dié het al die sondes van sy vader gesien, dit wat hy gedoen het – ja, hy het dit gesien, maar hy doen nie dieselfde dinge nie – sodat hy
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar so 'n seun kan die pa word van 'n seun wat al die sondes sien wat sy pa doen en wat dan self nie daardie sondes doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar sê nou hierdie slegte seun het op sy beurt ook ’n seun. Hierdie seun sien watter slegte lewe sy pa lei en hy besluit om ’n ander koers in te slaan.