Ezekiel 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het op woeker uitgegee en aanwas geneem; sal hy dan lewe? hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy sal sekerlik sterwe; sy bloed sal op hom wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy leen geld uit op rente en eis woekerwins. “Sal so ’n mens lewe? Nee, hy het afskuwelike dinge gedoen en hy moet doodgemaak word. Hy moet die volle blaam dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | op rente leen en woeker neem -- sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom. |
| Afrikaans 1983 | geld op rente uitleen of woekerwins vat, kan hy nie bly lewe nie. Hy sal nie bly lewe nie, hy het al hierdie afskuwelike dinge gedoen en hy moet dood. Hy verdien die dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | op rente uitleen en woekerrente neem, “sal hy bly leef? Hy mag nie bly leef nie. Al hierdie afstootlike dinge het hy gedoen, hy moet beslis sterf. Sy bloedskuld rus op hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | of hy sê dat iemand rente moet betaal wanneer hy vir hom geld leen, en wanneer hy sê dat iemand rente moet betaal, dan vra hy te veel rente. “As die seun hierdie dinge doen, dan sal hy nie aanhou lewe nie. Hy het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en hy sal sterf, dit is seker. Dit sal sy eie skuld wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy leen geld uit teen buitensporig hoë rente. Sal Ek so ’n slegte mens laat bly lewe? Nee! Hy moet doodgemaak word, want hy is skuldig. |