Ezekiel 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die arme en behoeftige verdruk, met geweld geplunder, die pand nie teruggee nie, en sy oë opgeslaan na die afgode, gruwels gepleeg, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verdruk arm en hulpelose mense. Hy beroof mense en gee nie goed terug wat hy in pand geneem het nie. Hy soek hulp by afgode en pleeg afskuwelike dade. |
| Afrikaans 1933/1953 | die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen, |
| Afrikaans 1983 | die mens in nood en die arme verdruk, mense beroof, goed wat hy in pand geneem het, nie teruggee nie, hulp soek by afgode en so afskuwelike dade pleeg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | magteloses en behoeftiges verdruk, mense beroof, 'n pand nie teruggegee nie, na die afgodsbeelde opkyk vir hulp, afstootlike dinge doen, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | of hy verdruk mense wat hulleself nie kan help nie en wat niks het nie, of hy vat ander mense se goed, of hy gee nie iets terug wat hy geneem het omdat iemand hom nie kon betaal nie, of hy hou van afgode en hy doen dinge wat Ek haat, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy steel van arm mense en weier om mense te help wat desperaat is. As mense hom geld skuld, vat hy sommer hulle meubels. Hy aanbid afgode en doen alles wat sleg is. |