Ezekiel 17:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê jy: So spreek die HERE HERE; Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie sy wortels optrek en die vrugte daarvan afsny, dat dit verdor nie? Dit sal verdor in al die blare van sy fontein, selfs sonder groot krag of baie mense om dit by sy wortels uit te ruk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy moet sê: ‘Die oppermagtige Here vra: Sal dit goed gaan met die wingerdstok? Sal dit nie ontwortel word, gestroop van al sy vrugte sodat dit verdroog nie? Selfs die nuwe groei sal verskrompel. Baie mense of baie krag is nie nodig om die wingerdstok wortel en tak uit te roei nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê: So spreek die Here HERE: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur 'n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet sê: So sê die Here my God: “Sal dit goed gaan met die wingerdstok? Gaan die eerste arend dan nie sy wortels uittrek en sy vrugte vernietig sodat al sy druiwe verdroog wat aan die ryp word was nie? Daar is nie groot mag en baie mense nodig om hom met wortels en al uit te trek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Sal dit gedy? Sal die arend nie selfs sy wortels uitpluk, sy vrugte afstroop, sodat die wingerdstok verdor, al sy nuwe lote verdroog nie? 'n Magtige arm en 'n groot leërmag is nie nodig om hom van sy wortels af uit te trek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Dit sal nie goed gaan met die wingerdstok nie. Die eerste arend sal sy wortels uittrek, sy druiwe sal dan sleg en droog word en sy nuwe takkies sal verlep. Die arend sal maklik die wingerdstok self kan uittrek, hy sal nie vir baie mense moet vra om hom te help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou vra die Here, Esegiël se God: Moet Ek nou hierdie druiwestok los dat hy maar so aangaan? Nee! Ek sal hom uittrek, met wortels en al! Ek sal sy druiwetrosse afsny. Sy blare sal verdroog en afval. Ek sal die hele plant uittrek. En dit sal nie eens moeilik wees nie. Ek sal nie baie mense of ’n klomp soldate nodig hê om dit te doen nie. |