Ezekiel 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was ook 'n ander groot arend met groot vlerke en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het haar wortels nd it toe gebuig en haar nd nd it toe uitgeskiet, nd it dit kon natmaak by die vore van haar plantasie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ’n ander groot arend met breë vlerke en baie vere het toe verbygekom. Die wingerdstok het sy wortels en takke na hom toe uitgesteek vir water.
Afrikaans 1933/1953 En daar was nog 'n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het sy wortels na hom toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hy dit sou bevogtig.
Afrikaans 1983 Daar kom toe nog 'n groot arend met groot vlerke en baie vere, en die wingerdstok draai sy wortels na dié arend toe en stuur sy ranke in dié se rigting sodat die arend vir hom nog meer water kan gee as wat daar was op die plek waar hy geplant was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Daar was 'n ander groot arend, met groot vlerke en baie vere. En kyk, hierdie wingerdstok buig toe sy wortels na hom, sy blare stoot hy uit na hom, uit die beddings waar hy geplant was, sodat dié arend hom sou water gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nóg 'n groot arend met groot vlerke en baie vere, en toe, skielik, draai die wingerdstok sy wortels en sy ranke na die tweede arend toe, hy wou nog meer water by die tweede arend kry as by die plek waar die eerste arend hom geplant het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar toe het ’n ander arend gekom, ook met wye vlerke en baie vere. Die druiwestok het toe sy wortels en takke na hierdie arend toe uitgesteek sodat hy vir die druiwestok water kon gee.