Ezekiel 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gegroei en 'n uitgestrekte wingerdstok van nd gestalte geword, waarvan die nd nd it gedraai het, en die wortels daarvan was onder hom; nd it het 'n wingerdstok geword en nd voortgebring en takkies uitgeskiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het wortelgeskiet en ’n wingerdstok geword, welig, maar laag op die grond. Sy takke het opgegroei na die arend toe, en sy wortels was diep in die grond. Dit het sterk ranke uitgestoot met baie blare.
Afrikaans 1933/1953 En dit het uitgespruit en 'n breë wingerdstok geword, laag van groei, sodat sy ranke na die arend kon draai en sy wortels onder hom kon wees. So het dit dan 'n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.
Afrikaans 1983 Die steggie het gegroei en 'n wingerdstok geword wat welig was maar laag op die grond moes bly met sy blare na die arend toe gedraai en sy wortels onder hom. Dit het 'n wingerdstok geword, ranke gemaak en lote uitgeskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het uitgespruit en 'n wingerdstok geword, geil groeiend, laag oor die grond, dat sy blare na die arend gedraai is, en sy wortels onder die arend is. So het dit 'n wingerdstok geword, ranke gevorm en lote uitgestoot.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die takkie het gegroei en dit het 'n wingerdstok geword wat laag op die grond groei. Die wingerdstok se wortels was onder hom, en hy het sy blare na die arend toe gedraai. Die plant het 'n wingerdstok geword wat baie ranke en blare het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die klein takkie het kort voor lank ’n druiwestok geword wat laag op die grond groei. Die druiwestok se takke het boontoe gedraai, na die arend toe. Die druiwestok het ook sterk wortels gehad. Gou was daar sterk takke en baie blare.