Ezekiel 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook van die saad van die land geneem nd it in 'n vrugbare land geplant; hy het dit by groot waters neergesit nd it soos 'n wilgerboom gestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Hy het ook ’n steggie uit jou land gevat en dit in vrugbare grond langs ’n breë rivier geplant. Hier sou dit so vinnig groei soos ’n wilgerboom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook van die saad van die land geneem en dit in 'n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy 'n steggie uit Israel gevat en dit in die grond gesit waar daar baie water was en waar dit kon floreer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het 'n steggie uit die land geneem, dit in 'n saailand geplaas, in 'n weiland by baie water; soos 'n wilgerlat het hy dit ingelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die arend 'n takkie uit die land Israel geneem en hy het dit geplant. Hy het dit in die grond geplant soos 'n mens 'n tak van 'n wilgerboom plant. Daar was baie water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierna het hy nog ’n kleiner takkie van hierdie tak afgebreek en dit ook geplant. Daar was goeie, vrugbare grond langs ’n breë rivier. Die tak kon maklik groei en ’n groot boom word. |