Ezekiel 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die top van sy jong takkies afgesny nd it na 'n land van handel gebring; hy het dit in 'n stad van handelaars neergesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en dit afgepluk. Toe het hy dit weggedra na ’n stad vol handelaars en dit daar geplant. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die boonste takkie afgepluk, dit na die land van die handelaars toe gebring en dit daar in die stad van die smouse gaan neersit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die boonste van sy lote afgepluk. Hy het dit na 'n land van handelaars geneem; in 'n stad van kooplui het hy dit neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die sagte boonste takkie afgebreek en hy het dit na die land Babel geneem. Hy het dit neergesit in Babel, die stad van die handelaars. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hierdie takkie in sy bek gevat en dit na ’n ver land, Babilonië, geneem. Toe het hy die takkie daar geplant. |