Ezekiel 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê: So spreek die HERE HERE; 'n Groot arend met groot vlerke, lang vlerke, vol vere, wat verskillende kleure gehad het, het na die Líbanon gekom en die hoogste tak van die seder geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “‘’n Groot arend met wye vlerke en bont vere het na die Libanon toe gekom. Hy het die top van ’n seder gevat |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê: So spreek die Here HERE: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die L¡banon gekom en die top van die seder weggeneem. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: “Die groot arend met die groot vlerke, die lang vlerkpenne en die digte, bont vere het na die Libanon toe gekom en die top van die seder weggevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê, ‘So sê my Heer, die Here: “'n Groot arend met groot vlerke, lang penvere, en vol veelkleurige vere, het na die Libanon gekom. Hy het die top van 'n seder geneem, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die groot arend met die groot vlerke en die lang vlerkvere en die baie bont vere het na die Libanon-berg gekom. Die arend het die boonste punt van die sederboom afgebreek en weggevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê: Daar was eendag ’n groot arend met wye vlerke. Die arend het digte vere gehad wat verskillende kleure was. Hierdie arend het op ’n dag na ’n hoë berg in Israel gevlieg en die heel boonste tak van ’n sederboom afgebreek. |