Ezekiel 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die HERE, die hoë boom laat neerdaal het, die lae boom verhef het, die groen boom laat opdroog en die droë boom laat bloei het; Ek, die HERE, het gespreek nd it gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 En al die bome sal weet dat dit Ek, die Here, is wat die groot boom afgekap het en die klein boompie groot laat word het. Dit is Ek wat die groen boom laat verdroog en nuwe lewe vir die dooie boom gee. Ek, die Here, het gepraat! Ek sal doen wat Ek gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die HERE, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die HERE, het dit gespreek en gedoen.
Afrikaans 1983 Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is. Ek maak groot bome klein en klein boompies groot, Ek laat groen bome verdroog en droë bome bot. Ek, die Here, het dit gesê en Ek sal dit doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal al die bome in die veld besef dat Ek, die Here, die hoë boom laag maak, en die lae boom hoog. Ek laat groen bome verdroog en Ek laat droë bome bloei. Ek, die Here, het gepraat, en Ek sal dit doen.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is wat groot bome klein maak en wat klein boompies groot maak. Hulle sal weet dat Ek die Here is wat groen bome droog laat word en wat droë bome weer groen laat word. Ek, die Here, het gepraat, en Ek sal dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dan sal al die bome in die bos weet dat dit Ek, die Here, is wat die groot boom afkap en die klein boompie laat groei en grootword. Dit is Ek wat die groen boom laat verdroog en die dooie boom weer laat groei. Ek is die Here, en Ek het gepraat! Ek sal doen wat Ek gesê het.”