Ezekiel 17:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die hoogteberg van Israel sal Ek dit plant, nd it sal nd voortbring en vrugte dra en 'n mooi seder wees; en daaronder sal al die voëls van elke vleuel woon; in die skaduwee van sy nd sal hulle woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal dit op ’n hoë berg in Israel plant. Dit sal takke vorm en vrugte dra. Dit sal ’n groot seder word. Allerhande voëls sal daarin nes maak en skuiling tussen die takke kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en 'n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon. |
| Afrikaans 1983 | Ek plant hom hoog op die bergland van Israel waar hy takke sal maak en saad sal skiet. Hy sal 'n pragtige seder word, en in hom sal al die voëls woon; al wat vlerke het, sal in die skaduwee van sy takke nes maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal lote maak en vrug dra. Dit sal 'n luisterryke seder word, en al die voëls, al die gevleueldes, sal onder hom tuis wees. In die skadu van sy blare sal hulle 'n tuiste vind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die takkie plant op die hoë berg van Israel, en die plant sal takke kry en vrugte dra. Dit sal 'n groot en belangrike sederboom word. Al die voëls sal onder die boom kom sit, alles wat vlieg, sal kom sit in die skaduwee van sy takke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En hierdie takkie sal begin groei en ’n reuseboom word. En hierdie boom sal sy takke uitsprei en baie saad verskaf. Voëls van elke soort waaraan jy kan dink, sal hulle neste in hierdie boom se takke bou. Hulle sal wegkruip tussen sy takke as daar gevaar kom. |