Ezekiel 17:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE: Ek sal ook van die hoogste nd van die hoë seder neem nd it insit; Ek sal van die top van sy jong takkies af 'n teer een afsny nd it plant op 'n hoë berg en uitnemende; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die oppermagtige Here sê: Ek sal ’n takkie van die top van ’n hoë seder neem en dit plant. Ek sal ’n takkie afpluk en dit op ’n hoë berg plant. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder 'n steggie neem en dit insit -- van die boonste van sy lootjies sal Ek 'n teer puntjie afpluk en self dit plant op 'n hoë en verhewe berg. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Ek vat die top van die hoë seder weg en plant hom, Ek pluk die sagte boonste takkie af en plant hom op 'n hoë berg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ So sê my Heer, die Here: “Ek sal self die boonste top van 'n seder neem en dit inlê. Van die bopunt van sy lote sal Ek 'n sagte deel afpluk, en Ek sal dit self plant op 'n hoë en verhewe berg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal self die boonste stukkie van die sederboom neem en Ek sal dit plant. Ek sal 'n klein takkie van sy boonste punt afbreek en Ek sal dit plant op 'n hoë en belangrike berg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, Esegiël se God: “Ek breek self die boonste takkie van die seder af, en dan gaan plant Ek hierdie takkie op Israel se hoogste berg. |