Ezekiel 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al sy vlugtelinge met al sy nd i sal deur die nd i val, en die wat oorbly, sal na alle windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En al sy beste soldate sal doodgemaak word. Dié wat in die stad oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Daardie dag sal julle weet dat Ek, die Here, so gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al sy vlugtelinge in al sy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Al sy soldate wat saam met hom sal probeer vlug, sal met die swaard doodgemaak word, en dié wat oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Dan sal hulle besef dat dit Ek, die Here, is wat gepraat het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy hele keurkorps onder al sy troepe – deur die swaard sal hulle val. Dié wat oorbly, sal in alle windrigtings versprei word. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, gepraat het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal al sy soldate doodmaak wat saam met hom vlug, en hulle sal die mense wat oorbly, na al die kante toe jaag. Julle sal weet dat Ek gepraat het, Ek, die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal al die beste soldate van Israel in die oorlog teen Babilonië doodgemaak word. En die mense wat in Jerusalem oorbly, sal oor die hele aardbol verstrooi word. As dit gebeur, sal julle weet en erken dat Ek die Here is en dat Ek vooruit voorspel het dat dit so gaan gebeur.” |