Ezekiel 17:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hy die eed verag het deur die nd it te verbreek, en kyk, hy het sy hand gegee en al hierdie dinge gedoen, sal hy nie ontvlug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 want die koning het die eed wat hy afgelê het, geminag deur die ooreenkoms te verbreek. Hy het gesweer dat hy gehoorsaam sou wees; daarom sal hy nie ontsnap nie.
Afrikaans 1933/1953 Want hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek; en kyk, hy het sy hand gegee en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.
Afrikaans 1983 Die koning het sy eed van getrouheid geminag en die ooreenkoms verbreek. Hy het 'n plegtige onderneming gemaak en toe tog al hierdie dinge gedoen: hy kan nie vrykom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het 'n vervloeking geminag deur 'n verdrag te verbreek. Kyk, hy het sy hand gegee, en tog al hierdie dinge gedoen. Hy sal nie vrykom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Jerusalem het nie gedoen wat hy belowe het nie, hy het die ooreenkoms gebreek. Hy het belowe en hy het die koning van Babel se hand geskud, maar toe doen hy al hierdie ander dinge. Daarom sal hy nie vry wegkom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want die koning van Israel het belowe dat hy nie teen die koning van Babilonië in opstand sal kom nie, maar hy het sy belofte verbreek. Daarom sal hy nie ontsnap nie.