Ezekiel 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, sekerlik op die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy verag het en wie se nd it hy verbreek het, ja, met hom in die midde van Babel sal hy sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, hy sal in Babilon sterf, in die land van die koning wat hom op die troon gesit het. Hy het dié koning se ooreenkoms verag en verbreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe. |
| Afrikaans 1983 | “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “hy sal binne-in Babel sterf, in die stad van die koning wat hom koning gemaak het. Hy het sy eed van getrouheid aan daardie koning geminag en die ooreenkoms met hom verbreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here: “in die plek van die koning wat hom koning gemaak het, wie se vervloeking hy geminag het en wie se verdrag hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Hierdie nuwe koning van Jerusalem sal in Babel sterf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. Hy sal in Babel sterf, daar waar die koning is wat vir hom koning gemaak het. Hy het nie gedoen wat hy vir die koning van Babel belowe het nie. Hy het 'n ooreenkoms gemaak met die koning van Babel, maar hy het die ooreenkoms gebreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nee! So seker as wat Ek is wie Ek sê Ek is,” sê die Here, Esegiël se God, “die koning van Israel sal as ’n gevangene in Babilonië doodgaan. Hy sal doodgaan in Babilonië, die land van die koning vir wie hy sy woord gegee het dat hy nie in opstand sal kom nie. Hy het sommerso sy woord verbreek en in opstand gekom. |