Ezekiel 17:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle vir hom perde en baie mense kon gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Of sal hy die nd it verbreek en gered word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar daardie koning het in opstand gekom en ambassadeurs na Egipte toe gestuur om ’n groot leërmag en baie perde te kry. Sal hy suksesvol wees? Sal die mens wat sulke dinge doen daarmee wegkom? Sal hy die ooreenkoms verbreek en tog ontsnap? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug? |
| Afrikaans 1983 | Maar die nuwe koning van Jerusalem het in opstand gekom teen die koning van Babel en gesante na Egipte toe gestuur om perde en baie manskappe te vra. Maar sal hy slaag met sy onderneming? Sal hy vrykom as hy so iets doen? Sal hy vrykom as hy die ooreenkoms verbreek? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Maar die man het in opstand gekom teen die koning van Babilonië deur sy gesante na Egipte te stuur, sodat dié vir hom perde en 'n groot leërmag sou gee. Sal hy sukses behaal? Sal hy wat dit gedoen het, vrykom? Sal hy die verdrag verbreek en vrykom? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe het die koning van Jerusalem opstandig geword teen die koning van Babel en hy het boodskappers na Egipte gestuur om perde en baie soldate te kry. Sal dit goed gaan met hom? Nee! Iemand wat so iets doen en wat 'n ooreenkoms breek, sal nie vry wegkom nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar toe gebeur dit. Hierdie man van die koninklike familie met wie die Babiloniese koning ’n ooreenkoms gesluit het, het teen die koning in opstand gekom. Hy het sy boodskappers Egipte toe gestuur en gevra dat Egipte hom moet help om in opstand te kom teen die Babiloniese koning. Hy het gevra dat die Egiptiese koning vir hom ’n groot klomp soldate en wapens stuur sodat hy die Babiloniese koning uit sy land kon verdryf. “Kan Israel sy ooreenkoms met die Babiloniese koning sommerso verbreek en dink dat hy skotvry daarvan gaan afkom? |