Ezekiel 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die koninkryk gering sou wees, dat dit nd it nie sou verhef nie, maar deur sy nd it te onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 sodat Israel nie weer sterk kon word en in opstand kom nie. Sy kon oorleef slegs as sy haar hou by haar ooreenkoms met Babilon.
Afrikaans 1933/1953 sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie, maar dat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.
Afrikaans 1983 sodat die koninkryk swak sou wees en nie in opstand sou kom nie en sodat daar aan die ooreenkoms gehou sou word en dit sou bly bestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat die koninkryk laag sou bly, homself nie sou verhef nie en sy verdrag moes nakom, ten einde so staande te bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) sodat die nuwe koning van Jerusalem sal weet dat hy nie belangrik is nie en dat hy nie moet probeer om belangrik te wees nie. Hy moes doen wat hy en die koning van Babel in die ooreenkoms besluit het, dan kon hy koning in Jerusalem bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het dit gedoen om te keer dat Israel weer sterk word en in opstand kom teen die Babiloniese koning. Israel kon nou slegs ’n volk bly as hy die ooreenkoms met die Babiloniese koning hou en nie weer in opstand kom nie.