Ezekiel 17:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het van die koning se nageslag geneem en 'n nd it met hom gesluit en hom 'n eed afgelê; ook het hy die magtiges van die land geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ’n ooreenkoms met ’n lid van die koning se familie gesluit en hom ’n eed laat aflê dat hy lojaal sou wees. Hy het ook haar mees invloedryke leiers in ballingskap weggevoer |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom 'n verbond gesluit en hom 'n eed opgelê, maar die magtiges van die land het hy weggeneem; |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy iemand uit die koninklike geslag gevat, met hom 'n ooreenkoms gemaak en hom 'n eed van trou laat sweer. Die koning van Babel het die vooraanstaande mense uit die land weggevat |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het een uit die koninklike familie geneem, met hom 'n verdrag gesluit en hom onder 'n vervloeking geplaas. Die ander maghebbers van die land het hy weggeneem, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe het hy iemand uit die koningshuis geneem. Die koning van Babel het 'n ooreenkoms met hom gemaak en hy het gesê die man moet belowe om hom, die koning van Babel, te dien. Die koning van Babel het die belangrike mense weggeneem uit die land |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die koning van Babilonië ’n ooreenkoms aangegaan met ’n lid van die koninklike familie wat lojaal aan hom was. Die koning het Israel se belangrikste leiers as gevangenes na sy land toe weggevat. |