Ezekiel 17:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê nou vir die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê vir hulle: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste geneem en hulle saam met hom na Babel gebring; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir hierdie opstandige mense: Verstaan julle nie die betekenis van die gelykenis van die arende nie? Ek sal vir julle verduidelik, sê die oppermagtige Here. Die koning van Babilon het na Jerusalem gekom. Hy het haar koning en leiers weggeneem en hulle na Babilon toe saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie? “Jy moet sê: Die koning van Babel het na Jerusalem toe gekom, die koning en die amptenare van die stad gevat en na hom toe in Babel gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Sê tog vir die rebelse huis, ‘Weet julle nie wat dit beteken nie?’ Sê, ‘Kyk, die koning van Babilonië het na Jerusalem gekom, haar koning en •hoë amptenare weggeneem en hulle na hom in Babel geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet asseblief vir die opstandige volk vra: ‘Weet julle wat dit beteken?’ Jy moet dit vir hulle verduidelik en jy moet sê: ‘Die koning van Babel het na Jerusalem gekom. Hy het die koning en die amptenare gevat en hy het hulle na hom toe geneem in Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die mense wat teen My in opstand is: Verstaan julle nie wat Ek vir julle probeer sê met hierdie storie nie? Kom Ek verduidelik vir julle wat Ek daarmee bedoel. Die koning van Babilonië het Jerusalem verower en toe haar koning en leiers as gevangenes weggeneem na sy land, ver van Jerusalem. |