Ezekiel 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, kyk, as dit geplant is, sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind dit aanraak nie? Dit sal verdor in die vore waar dit gegroei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die wingerdstok oorgeplant is, sal dit groei? Sal dit nie heeltemal verdroog wanneer die oostewind dit tref nie? Dit sal verdroog in dieselfde grond waarin dit nou so mooi uitspruit.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, kyk, dit is geplant -- sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie? |
| Afrikaans 1983 | Hy is geplant, maar sal hy goed groei? Sal hy nie heeltemal verdor wanneer die oostewind hom tref nie? Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, dit is verplant. Sal dit gedy? Sal dit nie, as 'n oostewind dit tref, heeltemal verdroog, in die bedding waar dit groei, verdor nie?” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal ook nie goed gaan met die wingerdstok wanneer die tweede arend hom op 'n nuwe plek plant nie. Wanneer die oostewind begin waai, dan sal die wingerdstok heeltemal droog word. Dit sal droog word daar waar dit gegroei het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En dan, wanneer die druiwestok op ’n ander plek geplant word, sal hy weer groei? Nee, hy sal heeltemal verdroog omdat Ek die warm oostewind uit die woestyn sal stuur om hom te vernietig. Dan sal die druiwestok in die goeie grond vrek waar dit vroeër so welig gegroei het.” |