Ezekiel 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek by jou verbygegaan en jou aanskou, kyk, was jou tyd die tyd van liefde; en Ek het my mantel oor jou uitgesprei en jou naaktheid bedek; ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond gesluit, spreek die HERE HERE, en jy het myne geword.
Afrikaans (NLV) 2011 En toe Ek verbykom en jou weer sien, was jy oud genoeg om te trou. Daarom het Ek my jas vir jou aangetrek sodat jy nie kaal sou wees nie. Ek het ’n verbond met jou gesluit en met jou getrou, sê die oppermagtige Here. Jy het Myne geword.
Afrikaans 1933/1953 En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.
Afrikaans 1983 Toe Ek by jou verbykom en sien dat jy volwasse begin word, het Ek jou onder my sorg geneem en vir jou klere aangetrek. Ek het My met 'n eed aan jou verbind en met jou 'n verbond aangegaan, sê die Here my God. Jy het Myne geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Ek het weer by jou verbygegaan, jou raakgesien, en kyk, jou tyd vir die liefdespel het aangebreek! Ek het die soom van my kleed oor jou gesprei, jou naaktheid bedek. Ek het vir jou 'n eed afgelê, My in 'n verbond met jou begewe, ” is die uitspraak van my Heer, die Here: “en jy het Myne geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Ek by jou kom en Ek sien jy is nou 'n jongmeisie wat kan trou, het Ek my bo-kleed oor jou gegooi en Ek het jou toegemaak. Ek het belowe Ek sal aan jou behoort en Ek het 'n verbond gemaak met jou.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. “Jy het Myne geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe het Ek eendag weer daar verbygegaan waar jy bly, en gesien dat jy nou oud genoeg is om te trou. En toe het Ek jou my klere gegee om aan te trek en met jou getrou. Ek het ’n ooreenkoms met jou aangegaan om jou huweliksmaat te wees. Jy het Myne geword,” sê die Here, Esegiël se God.