Ezekiel 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het jou laat vermenigvuldig soos die kiem van die veld, en jy het vermeerder en groot geword, en jy het tot uitstekende versierings gekom: jou borste is gevorm en jou hare het gegroei, terwyl jy naak en kaal was.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het jou gehelp om soos ’n veldplant te groei. Jy het grootgeword en ’n mooi juweel geword. Jou borste het vol geword en jou hare het gegroei. Maar jy was nog kaal en sonder klere.
Afrikaans 1933/1953 Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.
Afrikaans 1983 groei!’ “Ek het jou soos 'n veldplant laat groei, en jy het gegroei en grootgeword. Jy het 'n pragtige meisie geword, jou borste het styf geword en jou hare lank. Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en groei!’ Soos plante in die veld het Ek jou gemaak. Jy het gegroei, grootgeword, die mooiste juweel geword. Jou twee borste het ferm geword, jy het skaamhare gekry. Maar jy was ontbloot en nakend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet groot word!’ Ek het jou laat groei soos 'n veldplant. Jy het gegroei en grootgeword. Jy het 'n baie mooi meisie geword. Jou borste het styf geword en jou hare het lank geword. Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En Ek het jou opgetel en versorg. Soos ’n splinternuwe plant het jy weer begin lewe. Jy het opgegroei en soos ’n mooi en kosbare juweel geword. Soos ’n jongmeisie het jou borste begin vorm en jou hare het gegroei, alhoewel jy sonder klere was.