Ezekiel 16:63 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat jy kan dink en beskaamd staan en nooit meer jou mond open vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoen is oor alles wat jy gedoen het, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal jou sondes onthou. En dan sal jy stilbly omdat jy skaam kry, dié dag as Ek jou vergewe vir alles wat jy gedoen het, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal daaraan dink en jou skaam. Jy sal van skaamte nie weer jou mond oopmaak nie, want Ek gaan My met jou versoen ten spyte van alles wat jy gedoen het,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat jy kan onthou en skaam wees. Jy sal nie weer jou mond oopmaak nie vanweë jou skaamte, wanneer Ek aan jou versoening skenk vir alles wat jy gedoen het. ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal jou vergewe oor alles wat jy gedoen het. Dan sal jy dink aan wat jy gedoen het, en jy sal so skaam wees dat jy nie sal kan praat nie.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal jy aan jou slegte dade dink en baie skaam kry. Jy sal so skaam wees dat jy nie ’n woord sal uitkry nie. Dit sal gebeur op daardie dag as Ek jou vergewe vir al die slegte dinge wat jy aan My gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël. |