Ezekiel 16:61 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal jy aan jou weë dink en beskaamd staan as jy jou susters, jou oudste en jou jongste, aanneem; en Ek sal hulle aan jou as dogters gee, maar nie deur jou verbond nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal jy skaam wees as jy die dinge onthou wat jy gedoen het. Ek maak jou jonger en ouer susters dan jóú dogters, selfs al is hulle nie deel van ons verbond nie.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by die wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.
Afrikaans 1983 Jy sal dink aan jou gedrag en jou skaam wanneer Ek jou susters vat, die een ouer as jy en die een jonger as jy, en hulle vir jou as dogters gee, al sal hulle nie deel in my verbond met jou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal jy jou dade onthou, en jy sal jou skaam wanneer Ek jou susters neem, die een wat ouer is as jy en die een wat jonger is as jy, en wanneer Ek hulle aan jou gee as jou dogters, al is dit nie deel van die verbond met jou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou ouer suster en jou jonger suster neem en Ek sal hulle vir jou gee om jou dogters te wees. Ek het dit nie belowe toe Ek 'n verbond met jou gemaak het nie, maar Ek sal dit doen. Dan sal jy onthou hoe jy gelewe het en jy sal skaam word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom gaan jy nog eendag skaam kry oor jou slegte dade. Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Ek jou susters vat, die een ouer as jy en die een jonger as jy, en hulle jou dogters maak. Ek sal ook beloftes aan hulle maak wat Ek nie sal breek nie.