Ezekiel 16:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal vir jou 'n ewige verbond oprig.
Afrikaans (NLV) 2011 Nogtans sal Ek onthou van die verbond wat Ek met jou gesluit het toe jy nog jonk was. Ek sal ’n ewige verbond met jou sluit.
Afrikaans 1933/1953 Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou 'n ewige verbond oprig.
Afrikaans 1983 Maar Ek sal die verbond weer laat geld wat Ek met jou in jou jeug gesluit het en Ek sal dit altyd in stand hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Maar Ek self onthou steeds my verbond met jou in jou jong dae, en Ek sal 'n ewige verbond met jou oprig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ek sal weer dink aan die verbond wat Ek met jou gemaak het toe jy jonk was en Ek sal weer 'n verbond maak met jou, 'n verbond wat altyd sal aanhou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak nie so nie. Ek bly getrou aan jou omdat Ek - toe jy nog jonk was - belowe het dat Ek by jou sal bly. Ek hou my beloftes wat Ek aan jou gemaak het, vir ewig.