Ezekiel 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek by jou verbygaan en jou sien dat jy verontreinig is deur jou eie bloed, het Ek vir jou gesê toe jy in jou bloed was: Leef! ja, Ek het vir jou gesê toe jy in jou bloed was: Leef!
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar Ek het verbygekom en jou daar gesien. Jy het hulpeloos in jou eie bloed gelê en skop. Terwyl jy daar in jou bloed gelê het, het Ek gesê: ‘Lewe!’ Ja, waar jy in jou bloed gelê het, het Ek vir jou gesê: ‘Lewe!’
Afrikaans 1933/1953 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!
Afrikaans 1983 “Toe het Ek verbygekom en jou in jou bloed sien spartel. Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef!’ Ja, Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Ek het by jou verbygegaan, jou sien spartel in jou bloed. Ek het vir jou, waar jy in jou bloed lê, gesê, ‘Bly leef!’ Ja, Ek het vir jou, waar jy in jou bloed lê, gesê, ‘Bly leef
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe het Ek daar by jou gekom. Ek het gesien dat jy in jou bloed lê en rondrol. Ek het gesien dat jy in jou bloed gelê het en Ek het vir jou gesê: ‘Jy moet lewe!’ Jy het daar in jou bloed gelê, en Ek het vir jou gesê: ‘Jy moet lewe!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar toe het Ek verbygekom en jou daar sien lê. Jy het hulpeloos gelê en skop in jou eie bloed terwyl jy besig was om dood te gaan. Toe Ek jou daar sien lê, het Ek gesê: ‘Jy moet lewe!’