Ezekiel 16:59 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE HERE: Ek sal ook met jou handel soos jy gedoen het, wat die eed verag het deur die verbond te verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou sê die oppermagtige Here: Ek gee jou wat jy verdien, want jy het jou plegtige eed geminag en jou verbond gebreek.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek het met jou gemaak soos jy gemaak het. Jy het die eed waaraan jy gebind was, met minagting behandel en die verbond verbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Ja, so sê my Heer, die Here: “Ek maak met jou soos jy gemaak het: Jy het die vervloeking geminag, om so die verbond te verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek doen met jou wat jy gedoen het. Jy het gemaak of dit nie saak maak dat Ek jou vervloek nie, jy het die verbond gebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here, die God van Esegiël, nou vir jou: “Ek gee vir jou presies net wat jy verdien. Jy het jou belofte verbreek dat jy aan My getrou sal wees toe jy met My getrou het.