Ezekiel 16:57 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voordat jou boosheid ontdek is, soos in die tyd van jou smaad van die dogters van Aram en almal wat rondom haar is, die dogters van die Filistyne, wat jou rondom verag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou is jou afskuwelike gedrag voor die hele wêreld ten toon gestel. Jy is nou die een op wie neergesien word: deur die mense van Edom en die omgewing, en die mense van Filistea. Van alle kante af sien mense op jou neer. |
| Afrikaans 1933/1953 | voordat jou boosheid geopenbaar is, soos in die tyd van versmading deur die dogters van Aram en deur almal wat daar rondom was -- die dogters van die Filistyne -- wat jou van alle kante verag het. |
| Afrikaans 1983 | voordat dit bekend geword het hoe sleg jy is. Nou is dit die Arameërs en almal in hulle omgewing, en ook die Filistyne wat jou verag en jou van alle kante loop en spot. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | in die tyd voordat jou boosheid onthul is. Tans is dit die tyd vir bespotting deur die vroue van Aram en almal daar rondom, ook die Filistynse vroue, hulle wat jou minag van alle kante af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dit was toe almal nog nie gesien het hoe sleg jy is nie. Die Arameërs en almal wat naby hulle woon, spot nou vir jou, en al die Filistyne wat rondom jou is, lag vir jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou wys Ek al jou afskuwelike dade vir die hele wêreld. En hulle almal sien op jou neer. Hulle loop en spot met jou, jou bure. Die Edomiete en die Filistyne lag as hulle na jou kyk. |