Ezekiel 16:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat jy jou eie skande kan dra en beskaamd mag staan in alles wat jy gedoen het, deurdat jy vir hulle 'n troos is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal jy skaam voel oor alles wat jy gedoen het, oor jou sondes wat hulle goed laat voel het in vergelyking met jou. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat jy jou skande kan dra en jou kan skaam oor alles wat jy gedoen het deur hulle te troos. |
| Afrikaans 1983 | So sal jy jou skande dra en jou moet skaam oor wat jy alles gedoen het wat hulle bevoordeel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die doel daarvan is dat jy eers jou vernedering moet dra en jou moet skaam vir alles wat jy gedoen het waardeur jy hulle gerusgestel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal dan die slegte naam moet dra en jy sal baie skaam moet wees oor alles wat jy gedoen het om dit beter te laat gaan met hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag sal jy behoorlik skaam wees oor al die slegte dinge wat jy teen My gedoen het. Jou susters lyk goed teen jou. |