Ezekiel 16:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook jy, wat jou susters geoordeel het, dra jou eie skande vir jou sondes wat jy gruweliker as hulle gedoen het; hulle is regverdiger as jy; susters.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet jou skaam omdat jy met jou sondes jou susters geregverdig het. Skaam jou omdat jou sondes só afskuwelik is dat jou susters in vergelyking met jou regverdig lyk!
Afrikaans 1933/1953 Dra dan ook jou skande, jy wat vir jou susters ingetree het: deur jou sondes wat jy gruweliker gemaak het as hulle, is hulle regverdiger as jy. Skaam jou dan ook, en dra jou skande, omdat jy jou susters geregverdig het.
Afrikaans 1983 Dié skande moet jy ook nog dra, dat jy met jou sonde vir jou susters ingestaan het: jy het afskuweliker dinge as hulle gedoen en dit laat voorkom asof hulle in vergelyking met jou 'n goeie lewe gelei het. Jy moet nou die skande en skaamte dra dat jy aan jou susters die skyn van onskuld besorg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dra jy dan ook jou vernedering, want jy het met jou sondes aan jou susters regverdiging verskaf vir hulle dade. Omdat jy meer afstootlik opgetree het as hulle, lyk hulle regverdiger as jy. Skaam jou dan ook en dra jou vernedering, omdat jy jou susters regverdig laat lyk het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet baie skaam wees daaroor. Jy het so baie sonde gedoen, so baie dinge wat Ek haat, dat dit lyk of hulle beter gelewe het as jy. Jy moet nou baie skaam word, jy het so baie verkeerde dinge gedoen dat dit lyk of jou susters reg gelewe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy behoort jou te skaam. Jou slegte dade is afskuwelik! Jou susters lyk onskuldig as hulle langs jou gaan staan.