Ezekiel 16:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook het Samaria nie die helfte van jou sondes gedoen nie; maar jy het jou gruwels meer as hulle vermeerder, en jou susters geregverdig in al jou gruwels wat jy gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Selfs Samaria het nie die helfte van die sondes gedoen wat jy gedoen het nie. Jy het veel erger dinge gedoen as jou susters. Trouens, in vergelyking met jou lyk hulle regverdig! |
| Afrikaans 1933/1953 | Samar¡a het ook nie die helfte van jou sondes gedoen nie: jy het gruwels vermenigvuldig, meer as hulle, en jy het jou susters geregverdig deur al jou gruwels wat jy gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Samaria het nie die helfte van die sondes gedoen wat jy gedoen het nie. Jy het baie meer afskuwelike dinge gedoen as hulle. Teenoor al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het, lyk dit of jou susters 'n goeie lewe gelei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samaria, sy het nie die helfte van jou sondes gepleeg nie. Jy het baie meer afstootlike dinge gedoen as hulle. Jy het jou suster regverdig laat lyk met al die afstootlike dade wat jy aangerig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samaria het baie minder sonde gedoen as jy, hulle het minder as die helfte gedoen wat jy gedoen het. Jy het baie meer dinge gedoen wat Ek haat. Jy het baie dinge gedoen wat Ek haat, so baie dinge dat dit gelyk het of jou susters reg lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Selfs Samaria, die ryk van Jerobeam, het nie helfte van die slegte dinge gedoen wat jy doen nie, Israel. Jy het baie slegter dinge gedoen as wat hulle ooit kon uitdink. Trouens, as jy Samaria en Sodom langs jou sit, lyk dit of hulle goeie mense was! |