Ezekiel 16:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle was hoogmoedig en het gruwels voor my aangesig gedoen; daarom het ek hulle weggeneem soos ek goed gesien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was trots en het afskuwelike dinge gedoen. Daarom het Ek hulle uitgeroei, soos jy gesien het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was hooghartig en het voor my oë afskuwelike dinge gedoen. Daarom het Ek hulle laat verdwyn, soos jy gesien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was hovaardig en het afstootlike dinge in my teenwoordigheid gedoen. Ek het hulle verwyder toe Ek dit sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was hoogmoedig en hulle het dinge gedoen wat Ek haat. Ek het dit gesien en Ek het hulle laat verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy was trots op haarself terwyl sy die afskuwelikste dinge aangevang het. Daarom het Ek Sodom en Gomorra van die aarde afgevee. Gaan kyk self: daar is niks oor van hierdie stede nie. |