Ezekiel 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geen oog het jou jammer gekry om een van hierdie dinge aan jou te doen om met jou medelye te hê nie; maar jy is weggewerp in die oop veld, tot 'n walging van jou persoonlikheid, op die dag dat jy gebore is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand het in jou belanggestel om dit vir jou te doen nie. Niemand het vir jou omgegee of vir jou gesorg nie. Die dag toe jy gebore is, is jy in die veld gelos om dood te gaan. Niemand wou jou hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is. |
| Afrikaans 1983 | Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niemand het 'n traan oor jou gestort en uit deernis met jou enigiets hiervan vir jou gedoen nie. Jy is met minagting vir jou lewe weggegooi in die veld die dag toe jy gebore is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand was jammer vir jou nie. Niemand het een van hierdie dinge gedoen om jou te help nie. Hulle het jou weggegooi in die veld. Niemand het van jou gehou toe jy gebore is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was niemand wat in jou belanggestel het nie. Niemand het jou jammer gekry of vir jou gesorg nie. Hulle het jou die dag toe jy gebore is, sommer in die veld gaan weggooi. Jy is alleen gelos om dood te gaan omdat niemand jou wou gehad het nie. |