Ezekiel 16:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy het nie agter hulle weë gewandel en nie volgens hulle gruwels gehandel nie, maar asof dit 'n baie klein ding was, het jy meer verdorwe as hulle in al jou weë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het nie sommer maar net gesondig soos hulle nie. Nee, dit was nie genoeg vir jou nie. Binne ’n kort rukkie het jy hulle ver oortref! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy het nie gewandel in hulle weë en nie gehandel volgens hulle gruwels nie; net 'n kort rukkie -- en jy het verderfliker gehandel as hulle in al jou weë. |
| Afrikaans 1983 | Jy het nie net min of meer hulle voorbeeld gevolg en hulle afskuwelike dade nagedoen nie, jy was erger as hulle met alles wat jy gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar jy het nie net in hulle spore gevolg en hulle afstootlike dade nagedoen nie – binne 'n kort rukkie het jy in alles wat jy doen, jou meer wangedra as hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het soos hulle gelewe en jy het die dinge gedoen wat hulle gedoen het, die dinge wat Ek haat. Maar jy was nie tevrede nie, jy het nog slegter as hulle gelewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit was nie genoeg dat jy dieselfde slegte dade as hulle gedoen het nie. Nee, in ’n kort tydjie het jy hulle oortref met die slegte dinge wat jy gedoen het! |