Ezekiel 16:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy is die dogter van jou moeder, wat 'n afsku het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters wat 'n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders; jou moeder was 'n Hetiet en jou vader 'n Amoriet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou ma het ook haar eie man en kinders verag, net soos jy. En jy is net soos jou susters, want hulle het hulle mans en kinders ook verag. Ja, jou ma was mos ’n Hetiet en jou pa ’n Amoriet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy is die dogter van jou moeder, wat 'n afsku gehad het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters, wat 'n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders: julle moeder was 'n Hetitiese vrou, en julle vader 'n Amoriet. |
| Afrikaans 1983 | Jy is jou ma se dogter. Sy het 'n weersin gehad in haar eie man en kinders. Jy is jou susters se suster. Hulle het 'n weersin gehad in hulle mans en kinders. Julle ma was 'n Hetiet en julle pa 'n Amoriet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy is jou moeder se dogter, sy wat 'n afkeer gehad het van haar man en haar kinders. Jy is jou susters se suster, hulle wat 'n afkeer gehad het van hulle mans en kinders. Julle moeder was 'n Hetiet en julle vader 'n Amoriet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is jou ma se dogter, jou ma wat haar man en haar kinders gehaat het. Jy is jou susters se suster, jou susters wat hulle mans en hulle kinders gehaat het. Julle ma was 'n Hetiet en julle pa was 'n Amoriet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou eie ma het haar man en kinders verruil vir ander mans. En nou het jy dieselfde aangevang. Jy maak presies nes jou susters, want hulle verruil ook hulle mans en kinders vir ander mans. Ja, dis waar. Jou ma was ’n Hetiet en jou pa ’n Amoriet. Jy tree soos ’n heiden op! |