Ezekiel 16:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat jy nie aan die dae van jou jeug gedink het nie, maar my in al hierdie dinge gekwel het; kyk, daarom sal Ek ook jou weg op jou hoof gee, spreek die HERE HERE; en jy mag hierdie skandelike daad nie bo al jou gruwels pleeg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar eers gaan Ek jou ten volle laat boet vir jou sondes, want jy het jou jongdae vergeet toe jy hierdie dinge gedoen het. So sê die oppermagtige Here. Want by al jou walglike sondes het jy ook hierdie afstootlike dinge gedoen.
Afrikaans 1933/1953 Omdat jy nie gedink het aan die dae van jou jeug nie en my toorn opgewek het met al hierdie dinge -- kyk, so sal Ek dan ook jou wandel op jou hoof laat neerkom, spreek die Here HERE; en het jy dan nie die skandelike daad gedoen bo al jou gruwels nie?
Afrikaans 1983 Jy het die tyd van jou jeug vergeet en My woedend gemaak, en Ek het wat jy gedoen het, op jou kop laat afkom,” sê die Here my God. “By al jou afskuwelike dade het jy boonop nog dié aanstootlike dinge gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Omdat jy nie gedink het aan jou kindertyd nie en My ontstel het met al hierdie dinge, tree Ek op my beurt op: Kyk, op jou kop laat Ek jou dade neerkom,” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Het jy dan nie die skandelike dade gepleeg bo en behalwe al jou afstootlike optrede nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek straf jou soos Ek jou moet straf oor wat jy gedoen het. Ek doen dit omdat jy vergeet het wat gebeur het toe jy jonk was. Jy het My baie kwaad gemaak toe jy al hierdie dinge gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. “Ek haat al hierdie dinge wat jy doen, jy het sleg gelewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar voor dit gebeur, gaan Ek jou eers terugbetaal vir al jou slegte dade, want jy het vergeet wat Ek vir jou gedoen het toe jy nog jonk was. Jy het My woedend gemaak.” So sê die Here, Esegiël se God: “Asof jy nie genoeg slegte dade gepleeg het nie, het jy boonop by ander mans gaan slaap.