Ezekiel 16:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal Ek dan my grimmigheid teenoor jou laat rus, en my ywer sal van jou wyk, en Ek sal stil wees en nie meer toornig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Eers wanneer Ek my wraak teen jou laat uitwoed het, sal my woede afgekoel wees. Dan sal Ek kalm word en nie meer vir jou kwaad wees nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen jou -- dan sal my ywer van jou afwyk, en Ek sal stil word en nie meer toornig wees nie.
Afrikaans 1983 “Eers wanneer Ek my gramskap teen jou laat uitwoed het, my woede op jou gekoel het, sal Ek bedaar en nie meer bitter wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sal Ek my toorn teen jou tot bedaring bring, en dan sal my heilige jaloesie van jou afgewend word. Ek sal kalm word en My nie meer vererg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek jou klaar gestraf het, dan sal Ek ophou om kwaad te wees. Dan sal Ek weer kalm word en vrede in my hart hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Eers wanneer Ek jou hard gestraf het, sal my woede teen jou begin bedaar. Dan sal Ek ophou om jaloers op jou te wees. Ek sal rustig raak en nie meer woedend wees oor al jou slegte dade nie.