Ezekiel 16:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal jou huise met vuur verbrand en strafgerigte aan jou voltrek voor die oë van baie vroue; en Ek sal jou laat ophou om te hoereer, en jy mag ook geen loon meer gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal jou huise afbrand en jou voor baie vroue straf. Ek sal sorg dat jy nie weer ’n prostituut kan word nie en nie meer jou minnaars kan betaal nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal 'n einde aan jou hoerery maak, en jy sal ook nie meer hoereloon gee nie. |
| Afrikaans 1983 | hulle sal jou huise afbrand. So sal hulle jou vonnis voltrek ten aanskoue van al die vrouens. Ek maak 'n end aan jou hoerery. Jy sal nie weer geskenke uitdeel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal jou huise afbrand en oordele aan jou voltrek ten aanskoue van baie vroue. Ek sal 'n einde maak aan jou hoerery; ook fooie sal jy nie meer kan betaal nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal jou huise afbrand. Hulle sal jou straf, en baie vroue sal dit sien. So sal jy ophou om 'n slegte vrou te wees. Jy sal nie weer vir mans iets verniet gee nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal jou huise afbrand en jou voor baie ander vroue straf. So sal Ek sorg dat jy ophou om by ander mans te slaap. En jy sal ook nooit weer mans betaal om by jou te slaap nie.” |