Ezekiel 16:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal 'n menigte teen jou laat opkom en jou met klippe stenig en jou met hul swaarde deurboor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal saamkom en jou met klippe doodgooi en jou met swaarde in stukke kap.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hulle teen jou 'n menigte laat optrek en jou stenig en jou met hulle swaarde stukkend kap.
Afrikaans 1983 Hulle sal 'n vergadering bymekaarroep om jou te veroordeel, hulle sal jou met klippe doodgooi en jou met hulle swaarde in stukke kap,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal 'n horde teen jou laat optrek, en dié sal jou met klippe doodgooi, jou opkap met hulle swaarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal mense bymekaar laat kom om jou te straf, hulle sal jou doodgooi met klippe en hulle sal jou stukkend kap met hulle swaarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal saamstaan en jou met klippe doodgooi en jou met swaarde uitmekaarsny.