Ezekiel 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat jou geboorte aangaan, die dag toe jy gebore is, is jou naeltjie nie afgesny nie, en jy is nie in water gewas om jou te voed nie; jy was glad nie gesout en glad nie ingewikkel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe jy gebore is, het niemand vir jou omgegee nie. Jou naelstring is nie afgesny nie. Jy is nooit gewas nie. Niemand het jou met sout ingevryf of vir jou warm klere aangetrek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat jou geboorte aangaan -- die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, jy is nie gebad nie, nie met sout ingevryf nie en nie in doeke toegedraai nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat jou geboorte betref: Die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie; met water is jy nie gewas om jou skoon te maak nie; met sout is jy nie ingevryf nie, en jy is glad nie toegedraai nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag toe jy gebore is, het hulle nie jou naelstring afgesny nie, hulle het jou nie gewas en jou vel met sout gevryf nie, hulle het jou nie toegedraai nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag toe jy gebore is, was daar niemand wat vir jou gesorg het nie. Daar was niemand wat genoeg omgegee het om eers die naelstring af te sny waarmee jy aan jou ma vas was nie. Niemand het jou gewas of versorg nie. Jy het ook nie iets warms gehad waarmee hulle jou kon toedraai nie. Niemand het vir jou omgegee nie. |