Ezekiel 16:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou ook in hulle hand gee, en hulle sal jou vernaamste plek afbreek en jou hoogtes afbreek; hulle sal jou ook van jou klere uittrek en jou mooi juwele neem en jou naak en bloot laat.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee jou oor in die mag van jou minnaars, daardie baie nasies. Hulle sal die heiligdomme vir jou afgode en jou altare omgooi. Hulle sal jou uittrek en jou mooi juwele afvat, en jou kaal, sonder klere agterlaat.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou in hulle hand oorgee, en hulle sal jou verwulf afbreek en jou hoogtes omgooi en jou jou klere uittrek en jou versiersels wegneem en jou naak en bloot laat staan.
Afrikaans 1983 Ek gee jou oor in die mag van jou minnaars. Hulle sal jou offerbulte afbreek, jou hoogtes verwoes. Hulle sal jou klere uittrek, jou juwele afvat en jou kaal, sonder klere daar laat staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan jou in hulle hand oorgee. Hulle sal jou plekke van hoerery opbreek en jou offerhoogtes afbreek. Hulle sal jou klere uittrek en jou versierings vat. Hulle sal jou ontbloot en nakend agterlaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou gee vir almal vir wie jy lief was, en hulle sal doen met jou wat hulle wil. Hulle sal jou offer-plekke afbreek, hulle sal jou klere uittrek en jou juwele vat, hulle sal jou so los, kaal, sonder klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna gaan Ek jou oorgee in die hande van die mans by wie jy so graag geslaap het. Hierdie mans is die nasies waar jy hulp gaan soek het. Hulle sal jou vernietig. Hulle sal al die plekke wat jy vir jou afgode gebou het, stukkend kap. En hulle sal die altare omgooi wat jy vir jou afgode gebou het. Hulle sal jou klere uittrek en jou pragtige juwele steel. Hulle sal jou kaal agterlaat, en jy sal skaam wees vir jouself.