Ezekiel 16:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou oordeel soos vroue wat die huwelik verbreek en bloed vergiet, geoordeel word; en Ek sal jou bloed gee in grimmigheid en ywer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan straf Ek jou soos ’n vrou gestraf word wat egbreuk en moord gepleeg het. Jy sal met jou bloed betaal as Ek my woede en jaloesie op jou wreek.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.
Afrikaans 1983 Ek gaan jou straf soos vrouens gestraf moet word wat owerspel en moord gepleeg het. Ek laat jou die moorde voel, die gramskap, die woede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan aan jou die vonnisse voltrek van vroue wat egbreuk pleeg en bloed vergiet. Ek sal jou onderwerp aan die bloedwraak van woede en heilige jaloesie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou straf soos mans vroue straf wat egbreuk en moord gepleeg het. Jy sal self sterf, want Ek is kwaad vir jou, baie kwaad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dan sal Ek jou straf omdat jy my kinders doodgemaak het, en omdat jy by ander mans geslaap het. Jy sal vol bloed wees soos Ek jou in my woede gaan slaan.