Ezekiel 16:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Omdat jou onreinheid uitgestort is en jou naaktheid ontdek is deur jou hoererye met jou minnaars en met al die drekgode van jou gruwels en deur die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het;
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die oppermagtige Here: Jy het jou eer vir jou minnaars gegee en jou vir hulle kaal uitgetrek, en afskuwelike afgode aanbid. Jy het jou kinders as offers vir die afgode geslag.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Jy het jou eerloos gedra, jou sonder skaamte ontbloot om met jou minnaars te hoereer, met al jou afskuwelike afgode. Jy het vir hulle die bloed van jou kinders gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê my Heer, die Here: “Omdat jou koper so vermors is, jou naaktheid ontbloot is deur jou dade van owerspel by jou minnaars – ja, oor al jou afstootlike afgodsbeelde en oor die bloed van jou kinders wat jy aan hulle oorgelewer het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy het baie slegte dinge gedoen, jy het jou klere uitgetrek vir almal vir wie jy lief was, vir jou afgode wat Ek haat. Jy het jou kinders doodgemaak en jy het hulle bloed vir die afgode gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is hoe die Here, die God van Esegiël, oor jou dink: “Jy het jouself uitgetrek vir al wat man is. Jy het voor afskuwelike beelde van afgode neergeval en hulle aanbid. Jy het my kinders aan jou afgode geoffer.