Ezekiel 16:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die teendeel is by jou van ander vroue in jou hoererye, terwyl niemand jou volg om hoerery te pleeg nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy is die teenoorgestelde van ander prostitute. Niemand betaal jou vir jou liefde nie. Nee, jy betaal hulle!” |
| Afrikaans 1933/1953 | So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel. |
| Afrikaans 1983 | Jy het met jou hoerery juis die teenoorgestelde gedoen van wat ander vrouens doen: niemand het agter jou aangeloop nie; jy het betaal, jy is nie betaal nie. Jy is net die teenoorgestelde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By jou is dit andersom as by ander vroue wanneer dit by jou dade van owerspel kom: Jy word nie genader vir omgang nie, en terwyl jy 'n fooi betaal, word 'n fooi nie aan jou betaal nie. Met jou is dit net andersom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy was anders as al die ander prostitute toe jy ontrou geword het. Mans het nie self na jou toe gekom nie, hulle het nie vir jou betaal nie, nee, jy het vir húlle betaal. Jy was anders.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar ’n slet betaal word vir wat sy vir ander mans doen, het jy presies die teenoorgestelde gedoen. Niemand het jou betaal nie. Jy het hulle betaal. |