Ezekiel 16:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy gee jou geskenke aan al jou minnaars en huur hulle, sodat hulle van alle kante na jou kan kom vir jou hoerery.
Afrikaans (NLV) 2011 Prostitute vra geld vir hulle dienste. Maar nie jy nie. Jy betaal jou minnaars! Van oral af koop jy hulle om sodat hulle na jou toe sal kom.
Afrikaans 1933/1953 Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.
Afrikaans 1983 Al die prostitute kry betaling, maar jy betaal jou minnaars, van oral af lok jy hulle met geskenke na jou toe om met jou te hoereer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan alle prostitute word vergoeding betaal, maar jy het jou prys aan al jou minnaars betaal; jy het hulle omgekoop om na jou te kom, van oraloor, vir jou dade van owerspel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die prostitute wil hê dat die mans húlle moet betaal, maar jý het vir almal betaal, almal vir wie jy lief was. Jy het hulle betaal om van oral na jou toe te kom en om ander gode saam met jou te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Straatvrou word betaal as sy haar liggaam vir mans gee. Maar nie jy nie! Jy het die mans wat jy na jou toe gelok het, betaal om dit te doen. Jy het hulle met geskenke omgekoop sodat hulle by jou sal slaap.