Ezekiel 16:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deurdat jy jou eer in die hoof van elke pad bou en jou hoogte in elke straat maak; en jy was nie soos 'n hoer deurdat jy loon spot nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Jy bou altare vir jou afgode op elke straathoek en elke stadsplein. Jy is erger as ’n prostituut. Jy wou so graag sonde doen dat jy nie eens betaling vir jou liefde gevra het nie.
Afrikaans 1933/1953 dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou en jou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos 'n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.
Afrikaans 1983 Jy het by elke kruispad vir jou 'n offerbult gebou, op elke oop plek 'n hoogte. Maar jy was nie eens soos 'n gewone prostituut nie, jy het jou neus opgetrek vir betaling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Met die bou van jou plekke vir hoerery by elke kruispad, met jou offerhoogtes wat jy ingerig het op elke oop plek, was jy nie soos 'n gewone prostituut nie – jy het fooie versmaai!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het offer-plekke gebou op elke plek waar die paaie bymekaarkom en oral waar daar plek was, maar jy het toe nie soos 'n prostituut gemaak nie. Jy het nie gevra dat hulle jou moet betaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het op elke straathoek plekke gebou waar jy jou afgode kon neersit. En op elke plein in jou dorpe het jy altare gebou om vir jou afgode te offer. Jy het slegter as ’n slet opgetree. Jy was ’n straatvrou wat nie eens betaling gevra het om jou liggaam vir ander mans te gee nie.