Ezekiel 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê: So spreek die HERE HERE aan Jerusalem; Jou geboorte en jou afkoms is uit die land Kanaän; jou vader was 'n Amoriet, en jou moeder 'n Hetiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir haar die oppermagtige Here sê: Jy is niks anders as ’n Kanaäniet nie! Jou pa was ’n Amoriet en jou ma ’n Hetiet.
Afrikaans 1933/1953 en sê: So spreek die Here HERE tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was 'n Amoriet en jou moeder 'n Hetitiese vrou.
Afrikaans 1983 Jy moet sê: So sê die Here my God vir Jerusalem: Kanaän is die land van jou herkoms en jou geboorte. Jou pa was 'n Amoriet, jou ma 'n Hetiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê, ‘So sê my Heer, die Here, vir Jerusalem: “Jou oorspronge, jou afkoms lê in die land van die Kanaäniete. Jou vader was 'n Amoriet, jou moeder 'n Hetiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê vir Jerusalem: Jy kom uit die land van die Kanaäniete. Jy is daar gebore. Jou pa was 'n Amoriet en jou ma was 'n Hetiet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sê vir hierdie stad wat Ek, die Here, die God van Esegiël, sê: Jy is niks anders as ’n heiden nie! Jou pa was ’n Amoriet en jou ma ’n Hetiet.