Ezekiel 16:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het jy jou hoerery vermenigvuldig in die land Kanaän tot by Chaldéa; en tog was jy nie daarmee versadig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het toe ook daardie groot handelsreus Babilon by jou lys minnaars gevoeg. Maar steeds was jy nie bevredig nie!
Afrikaans 1933/1953 En jy het jou hoerery vermenigvuldig na die koopmansland, na Chald,a; en ook daarmee is jy nie bevredig nie.
Afrikaans 1983 Jy het aanmekaar bly hoereer met die Galdese handelaars, maar ook dit het jou lus nie bevredig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het jou owerspel vermeerder in die land van die handelaars, die Galdeërs, maar selfs daardeur is jy nie bevredig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het aangehou om ander gode te dien saam met die mense in die land van die handelaars, die Galdeërs, en jy wou dit meer en meer doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs Babilonië het jou minnaar geword. Jy het ook by hom gaan slaap. En ná dit alles was jy nog nie tevrede nie.