Ezekiel 16:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy het ook met die Assiriërs gehoereer, omdat jy onversadig was; ja, jy het met hulle gehoereer, en tog kon jy nie versadig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het ook saam met die Assiriërs geslaap. Dit lyk of jy nie genoeg minnaars kon kry nie! En steeds was jy nie bevredig nie.
Afrikaans 1933/1953 Verder het jy gehoereer met die kinders van Assur, omdat jy nie bevredig was nie; ja, jy het met hulle gehoereer en is tog nie bevredig nie.
Afrikaans 1983 Toe het jy met die Assiriërs gehoereer, want jy was nog nie bevredig nie; jy het met hulle gehoereer, maar ook toe is jy nie bevredig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het gehoereer met die Assiriërs, sonder dat jy bevredig is. Ja, jy het met hulle gehoereer, en nog erger, jy is nie bevredig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het ander gode gedien saam met die Assiriërs, jy wou nie ophou nie. Jy het ander gode gedien saam met hulle en jy wou dit meer en meer doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het jou liggaam op ’n skinkbord vir die Assiriërs gegee. Jy kon net nie genoeg minnaars kry by wie jy kon slaap nie. En as jy opstaan, het jy dadelik na nog iemand gesoek by wie jy kon slaap.